A theme of the age, at least in the developed world, is that people crave silence and can find none. The roar of traffic, the ceaseless beep of phones, digital announcements in buses and trains, TV sets blaring even in empty offices, are an endless battery and distraction. The human race is exhausting itself with noise and longs for its opposite—whether in the wilds, on the wide ocean or in some retreat dedicated to stillness and concentration. Alain Corbin, a history professor, writes from his refuge in the Sorbonne, and Erling Kagge, a Norwegian explorer, from his memories of the wastes of Antarctica, where both have tried to escape.
And yet, as Mr Corbin points out in "A History of Silence", there is probably no more noise than there used to be. Before pneumatic tyres, city streets were full of the deafening clang of metal-rimmed wheels and horseshoes on stone. Before voluntary isolation on mobile phones, buses and trains rang with conversation. Newspaper-sellers did not leave their wares in a mute pile, but advertised them at top volume, as did vendors of cherries, violets and fresh mackerel. The theatre and the opera were a chaos of huzzahs and barracking. Even in the countryside, peasants sang as they drudged. They don’t sing now.
What has changed is not so much the level of noise, which previous centuries also complained about, but the level of distraction, which occupies the space that silence might invade. There looms another paradox, because when it does invade—in the depths of a pine forest, in the naked desert, in a suddenly vacated room—it often proves unnerving rather than welcome. Dread creeps in; the ear instinctively fastens on anything, whether fire-hiss or bird call or susurrus of leaves, that will save it from this unknown emptiness. People want silence, but not that much. | ’n Tema van die tyd, ten minste in die ontwikkelde wêreld, is dat mense na stilte smag en dit nie kan vind nie. Die gedreun van verkeer, die onophoudelike gepiep van telefone, digitale aankondigings in busse en treine, TV-stelle wat selfs in leë kantore staan en blêr, is ’n eindelose aanval op ons sinne en afleiding. Die mensdom put homself uit met geraas en verlang na die teenoorgestelde daarvan – hetsy in die natuur, op die wye oseaan of in die een of ander toevlugsoord wat aan stilte en konsentrasie gewy is. Alain Corbin, ’n geskiedenisprofessor, skryf vanuit sy toevlug in die Sorbonne, en Erling Kagge, ’n Noorweegse ontdekkingsreisiger, van sy herinneringe aan die wildernis van Antarktika, waar albei probeer ontsnap het. En nogtans, soos mnr Corbin sê in "A History of Silence", is daar waarskynlik niks meer geraas as wat daar vroeër was nie. Voor lugbande was strate in die stad vol van die oorverdowende gekletter van wiele met metaalvellings en perdeskoene op klip. Voor vrywillige afsondering op selfone het busse en treine weergalm met gesprekke. Koerantverkopers het nie hulle koerante in stil hope laat lê nie, maar het hulle luidkeels geadverteer, net soos verkopers van kersies, viooltjies en vars makriel. Die teater en die opera was ’n chaos van hoera's en uitjouery. Selfs op die platteland het die plattelanders al singende geswoeg. Hulle sing nie nou nie. Wat wel verander het, is nie soseer die vlak van die geraas, waaroor in vergange eeue ook gekla is nie, maar die vlak van afleiding, wat die ruimte beslaan wat deur stilte ingeneem kan word. Daarin lê ’n ander paradoks, want wanneer dit wel oorneem – in die hartjie van ’n dennewoud, in die dorre woestyn, in ’n vertrek wat skielik leeg staan – bring dit ons soms eerder van stryk as dat ons dit verwelkom. Vrees sluip in; die oor fikseer instinktief op enigiets, hetsy dit die gesis van die vuur of voëlgesang of die geritsel van blare is, wat dit sal verlos van hierdie ongekende leegheid. Mense wil stilte hê, maar nie te veel nie. |