[...] Translators just didn't get recognition, they didn't expect to make much of a living, just get by. Very few people were actually trained as translators, but most had a solid college education and a solid knowledge of languages, at least their own language. I had a friend who fell exactly into that category and my circle of friends expanded to include other translators. I found them to be much more interesting as people, and discovered that we often had similar life experiences. I never had trouble making friends, but I always felt "different" and I'm sure they felt it too. When my friend retired, she recommended me as her replacement. I now entered the realm of Reinsurance, of which I knew nothing. I was also the only translator there, and didn't have much to fall back on. However, it was another notch up....
On my new job, I started looking through the files, asking questions and got the company to enroll me in Insurance courses. The College of Insurance was across the street, and I consulted fire codes, insurance policies and fire extinguisher catalogs in their library. I was learning what I had never had the luxury of being able to do before: research. The first time I had to translate a proposal for purposes of insurance of a nuclear plant, I got a call from the head man in that department, congratulating me on the job I had done. "Compares favorably with what we are used to," he said. What an upper! What happened was that I consulted a document in the files similar to the one I was tackling for guidance, but when I saw that my predecessor had used the word "nucleus" instead of "core", I realized that the files were useless to me. I went across the street to the library and looked up "nuclear plants." I immediately found all the terminology I needed.
It takes a great deal more than that to be a good translator these days, of course. [...] | [...] Vertalers het net nie erkenning gekry nie, hulle het nie verwag om veel van 'n inkomste te verdien nie, net deur te kom. Baie min mense was werklik opgelei as vertalers, maar die meeste het 'n soliede universiteitsonderrig gehad en 'n stewige kennis van tale, ten minste van hul eie taal. Ek het 'n vriend gehad wat presies in daardie kategorie geval het en my vriendekring het uitgebrei om ander vertalers in te sluit. Ek het hulle as mense baie interessanter gevind en ontdek dat ons dikwels soortgelyke lewenservarings gehad het. Ek het nooit gesukkel om vriende te maak nie, maar ek het altyd "anders" gevoel en ek is seker hulle het ook. Toe my vriendin aftree, het sy my aanbeveel as haar opvolger. Ek het toe die wêreld van Herversekering betree, waarvan ek niks geweet het nie. Ek was ook die enigste vertaler daar so het nie veel gehad om op terug te val nie. Nietemin, dit was tog 'n tree opwaarts... Op my pos in my nuwe werk het ek begin die lêers nagaan, vrae te vra en die maatskappy oortuig om my in te skryf vir versekeringskursusse. Die Kollege van Versekerings was oorkant die straat, en ek het brandkodes, versekeringspolisse en brandblusserkatalogusse in hul biblioteek geraadpleeg. Ek het geleer wat ek nooit voorheen die luuksheid gehad het om te doen nie: navorsing. Die eerste keer toe ek 'n voorstel moes vertaal vir versekeringsdoeleindes van 'n kernkragaanleg, het ek 'n oproep van die hoofpersoon in daardie departement gekry wat my gelukgewens het met die werk wat ek gedoen het. "Vergelyk gunsitg met wat ons gewoond is," het hy gesê. Wat 'n hoogtepunt! Wat gebeur het, was dat ek 'n dokument in die lêers geraadpleeg het wat soortgelyk was aan die een waarmee ek besig was vir leiding, maar toe ek sien dat my voorganger die woord "nucleus" in plaas van "core" gebruik het, het ek besef dat die lêers nutteloos vir my is. Ek het oorkant die straat na die biblioteek gegaan en "kernkragaanlegte" opgesoek. Ek het onmiddellik al die terminologie wat ek nodig gehad het, gevind. Dit verg deesdae uiteraard baie meer om 'n goeie vertaler te wees. [...] |